Jigsimur 

 Die Aloe ferox Plant

Aloe ferox, die Kaapse aalwyn, is ‘n inheemse plant van Suider Afrika. Dit word in die Suid Kaap, Oos Kaap en suidelike gedeeltes van KwaZulu/Natal, Vrystaat en Lesotho aangetref.

1. Die Aloe ferox Aalwyn blaar

Die blaar van die Aloe ferox plant bevat twee verskillende sappe, nl. geel bitter sap en wit aalwynjel. Albei die sappe is heilsaam vir die liggaam en word uitwendig sowel as inwendig gebruik. Die bitter sap is direk onder die groen skil geleë en is in werklikheid nog deel van die skil. Wanneer ‘n blaar van die plant afgesny word vloei hierdie geel bitter sap spontaan uit die blaar uit. Wanneer die bitter sap gekonsentreer word, word bitter kristalle of bitter poeier gevorm. Die binneste vlesige deel van die blaar is jellierig en bestaan uit ‘n wit slymerige sap wat aalwynjel genoem word. Aalwynjel is nie bitter nie.

2. Oestyd

Aalwyne word in die veld geoes. Daar in die veld word ‘n gat in die grond gemaak. Hierdie gat word met ‘n plastiek vel uitgevoer. Vier tot agt onderste blare van ‘n volwasse plant word naby die stam afgesny. Twee tot driehonderd blare word in ‘n sirkel om die gat opgestapel. Die afgesnyde kante van die blare word binnewaarts gerig sodat die geel bitter sap wat uit die blare vloei, in die gat opgevang word. Na ‘n paar uur word verskeie sulke opgaargate se inhoud versamel. Om bitter kristalle te verkry, word die bitter sap in ‘n metaal drom gegiet. Die drom word oor ‘n oop vuur verhit. Die sap word voortdurend geroer terwyl dit verhit word, totdat die volume daarvan as gevolg van verdamping gehalveer het. Die warm sap word dan in ‘n tinblik oorgegiet waar dit tot ‘n soliede kristal stol waar dit afkoel. Hierdie soliede harde blok kan dan in kleiner kristalle van die verskeie groottes gebreek en gesplinter word. Die bitter sap kan ook gedroog word om ‘n geel fyn bitter poeier te verkry.

Nadat die tap van die bitter sap afgehandel is, word die blare verder verwerk. Dit word of verpulp of son-gedroog. Van die pulp word ‘n heilsame aalwyndrankie gemaak Die pulp is ook ‘n gesogte bestanddeel in skoonheidsprodukte.

Nadat die tap van die bitter sap afgehandel is, word die blare gedroog om ‘n tee te maak. Veselryke tablette word ook van hierdie gedroogde blare gemaak.

3. Heilsaamheid

Talle mense gebruik aalwyn vir spysverterings klagtes soos bv. sooibrand, spastiese dikderm, koliek, maagsere, hardlywigheid, blaasontsteking, chroniese moegheidsindroom, diabetes, geelsig, hoë bloeddruk, hoofpyn, kanker, lewerontsteking, oor-, neus-, en keelontstekings, lusteloosheid, mondsere, onreëlmatige menstruasie, ontsteking van die prostaat, psoriase, slaaploosheid, tandvleisontsteking, vaginale ontsteking, depressie, asma, brongitis, emfiseem, sonbrand, hooikoors, aknee, hepatitis, sinusitis, krampe in bene, swaminfeksies soos bv. atleetvoet, onderaktiewe skildklier, artritis, rekmerke, dermatitis, hitte uitslag, brandboudjies, absesse, insekbyte, aambeie, skaafplekke, gordelroos, lewervlekke, skilfers, haarverlies, waterpokkies, littekens, vratjies, verstuitings en verrekkings, cholesterol en nog vele meer.

4. Veiligheid

Aloe ferox is nie toksies of gewoonte vormend nie.

Geen nadelige newe-effekte is bekend nie. Uitsonderlike gevalle van allergie kom wel voor.

Aloe ferox jel is VEILIG vir swanger vroue, sogende moeders, babas (wat al vrugtesap drink) en persone met ingewandsirritasies.

Hou jou toestand noukeurig dop ingeval jy medikasie gebruik en maak aanpassings soos nodig, veral in die geval van hoë bloeddruk en hoë bloedsuiker.

Kruie mag langer as chemies gebaseerde medikasie neem om ‘n heilsame uitwerking op sekere kroniese simptome te hê. Gee Aloe ferox genoeg tyd om te werk – ten minste 3 maande.

Aalwyn bitter sap is nie geskik vir:

Swanger vroue, omdat dit sametrekking van die uterus kan aanmoedig;
Sogende moeders, omdat bitter sap die baba kan bereik d.m.v. borsmelk en sodoende koliek kan veroorsaak;
Persone met ingewandsirritasies.

5. Ontgiftingsimtome

As deel van die ontgiftingsproses van die liggaam, mag die simptome van ‘n kroniese toestand tydelik versleg. Ander ontgiftingsimptome wat mag voorkom is diarree, naarheid, winderigheid, maagkrampe of kopseer. Die simptome is van verbygaande aard. Gee jou liggaam kans om aan te pas. Diarree is slegs ‘n probleem indien dit langer as ‘n paar dae voortduur. Drink baie water en verklein die dosis.

 

This free website was made using Yola.

No HTML skills required. Build your website in minutes.

Go to www.yola.com and sign up today!

Make a free website with Yola